Pers Vrystelling – Oktober 2011

(Press Release in English)

Shimmer… die talentvolle Trio susters, het sopas hulle tweede album vrygestel. Shimmer kan as een van die mees opwindende nuwe meisies groepe in Suid Afrika gesien word, wat tans die onderversadigde Afrikaanse meisies Popmusiek mark betree.

Shimmer bestaan uit die drie susters Chazelle -sang leier, Marlize en Michelle, wat meestal die harmoniee stemme doen, maar ook party liedjies lei, tesame is dit al drie wat die groep se musiek lewering altyd uniek hou en laat klink.

Shimmer is oorspronklik in 2001 in Durban gevorm, waar hulle meestal in Engels opgetree het by venues in en om Durban. Hulle het eers in 2007 in die mark toegetree, met hulle eerste Englese album “Pieces of Nothing”, wat meestal uit Engelse Pop Rock liedjies bestaan het.

In 2008 het hulle begin werk aan die tweede Album, n Afrikaanse debuut album, waarin hulle meestal Afrikaanse liedjies opgemeem het, waarvan meeste hulle eie komposisies was. In Januarie 2009, is hulle Afrikaanse debuut Album vrygestel aan plaaslike Radio stasies in Gauteng en die liedjie, “Alleen in Johannesburg” het die hoogtes geklim op Oos Rand Stereo (93.9FM) se plate ranglys en het tot No. 1 posisie gebly vir vyf weke. Die liedjie het ook n nominasie vir “Liedjie van die Jaar verower op Oos Rand Stereo/ Vonk Musiek toekennings in 2009.

In 2010 word Shimmer genomineer as “Beste Nuweling Groep” in die Rapport/Vonk Afrikaanse Musiek toekennings, wat bewys dat hierdie meisies groep n verassings element het en nog baie in die bedryf voorenetoe gesien gaan word.

Shimmer se tweede album, “Eendag” wat amptelik in September 2011 vrygetel is, kan duidelik Shimmer se groei in die musiekbedryf toon. Die album toonset hulle unieke klank, met harmonieë en oorspronklike musiek styl. Die meeste van die album liedjies is ook self deur hulle gepen, en hulle lewer hulle ‘n gesofistikeerde mengsel van Eurodans maar tog ook n volwasse kontemporêre popmusiek styl, met oorspronklike lirieke en musiek.

Shimmer is ‘n vars bries in ‘n Suid Afrikaanse musiek landskap, waar dit haas onmoontlik geraak het om die een groep van ‘n ander te onderskei. “Daar is nog nie so iets in Afrikaans musiek bedryf wat soos hulle klink nie”…se Pedro Carlo van Oos Rand Stereo.

Shimmer se nuwe album “Eendag” is landwyd en op die internet beskikbaar en word deur Next Musiek versprei.

Hulle musiek video van die album snit “Staan en Wag” is op YouTube en ook amptelik aan DSTV, KykNet, SABC2 en ASTV vrygestel.

{ One Comment... Read them below or add one. }

Please Login to post a comment

< Back To News

Member Login

Member Login

Forgot Password?

Join Us